Bangor Bengor (Skots) Beannchor (Iers-Gaelies) | |
---|---|
Dorp | |
Victoriaanse terrashuise in Seacliff Road | |
Koördinate: 54°39′00″N 5°40′00″W / 54.65000°N 5.66667°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Down |
Bevolking | |
• Totaal | 60 260 |
• Digtheid | 9/km2 (20/vk. myl) |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT19, BT20 |
Skakelkodes | 028 |
Webwerf | ardsandnorthdown.gov.uk |
Bangor (afgelei van Iers Beannchor) is 'n groot nedersetting in die graafskap Down, Noord-Ierland, sowat 22 km oos van Belfast se middestad. Volgens sy bevolkingstal is Bangor die vyfde grootste nedersetting in Noord-Ierland na Belfast, Derry, Lisburn en Newtownabbey. Alhoewel Bangor 'n belangrike ekonomiese en administratiewe sentrum in eie reg vorm (die distriksraad van Ards and North Down vergader in Bangor-kasteel), maak dit deel uit van Belfast se metropolitaanse gebied en dien as residensiële nedersetting vir pendelaars wat in die Noord-Ierse hoofstad werk.
Danksy sy ligging aan die see en sy groot bootshawe Bangor Marina - een van die grootstes in Ierland - het Bangor tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel. Die plaaslike strand het blouvlagstatus.